Die feeste van die verlede

by | Apr 14, 2020 | Events, People | 0 comments

Dis deesdae amper ondenkbaar om te dink aan ’n fees of ’n groot byeenkoms van mense. Maar in die baie jare waarin groot byeenkomste nie ’n bedreiging vir mense se gesondheid was nie, het Potchefstroom talle sulke feeste gehad.

Een so ’n keer wat daar letterlik duisende mense byeen was, was met die aankoms van Kenneth McArthur in Potchefstroom nadat hy die Olimpiese marathon in 1912 in Stockholm in Swede gewen het. Die Potchefstroom Herald het berig dat almal in Potchefstroom op die stasie was, net die oues en siekes nie. My biografie van McArthur, waarin daar meer hieroor vertel word, is beskikbaar as ’n e-boek.

Nog ’n keer was toe die Prins van Wallis in 1925 Potchefstroom besoek het. Benewens die volwassenes wat die prins wou sien, is al die skoolkinders in die dorp en distrik in die Alexandrapark (waar Olenpark en die McArthurstadion tans is) byeengebring vir die geleentheid. Lees my artikel daaroor op die Potchefstroom Herald se webblad 

Vier ander kere was die eerste kerkdiens in 1842, die inhuldiging van MW Pretorius as president in 1857, die aankoms van die ossewaens tydens die Simboliese Ossewatrek van 1938 en die onthulling van die Eeufeesmonument in 1939.

Die eerste kerkdiens

Waarskynlik die eerste groot byeenkoms in Potchefstroom was op 26 en 27 Maart 1842, toe die eerste kerkbyeenkoms plaasgevind het. Ds Daniel Lindley, die Amerikaanse sendeling wat deur die Voortrekker-volksraad as predikant van die Voortrekkerkerk aangestel is, het daardie Saterdag en Sondag die eerste keer kerk op Potchefstroom gehou.

Daar was sowat 190 waens saamgetrek. Andries Hendrik Potgieter, stigter van Potchefstroom, het dit so beskryf: “Te Potschefstroom by die Kerk was 190 waagens buiten de in woonders van de dorp en met regt moet ik zeggen dat er een aanzinlyk schaar tegenwoordig was.”

Inaggenome dat daar teen die einde van 1842 maar 24 erwe in Potchefstroom verkoop is, was die “in woonders” nie in die meerderheid nie.

Aangesien daar reeds op 23 Februarie 1842 ’n kerkraad gekies is, is hulle daardie naweek bevestig.

Voorts het 103 jong lidmate belydenis van geloof afgelê en 189 kinders is gedoop. Die eerste kind wat gedoop is – en wie se naam in die doopregister opgeskryf is – is Dorothea Potgieter, dogter van Andries Potgieter en sy vrou, Elizabeth Helena Botha. Sy vrou is oorlede met die geboorte.

Nagmaal is bedien met twee glasbekertjies wat in die Kerkargief van die Hervormde Kerk behoue gebly het.

Ds Daniel Lindley (1801-1880) was ’n Amerikaanse sendeling wat in 1842 die geestelike leier van die Voortrekkers was. Hy het op 26 en 27 Maart 1842 die eerste kerkdienste in Potchefstroom gehou. Foto: Wikipedia

 

Dorothea Fredericka Potgieter, dogter van Andries Hendrik Potgieter, was die eerste kind wat gedoop is tydens die eerste groot kerkfees wat in Maart 1842 in Potchefstroom gehou is. Sy is op 7 Mei 1841 gebore en in 1924 in die Waterberg oorlede. Foto: PM*

MW Pretorius ingehuldig

Die inhuldiging van president MW Pretorius op 7 Januarie 1857 was ’n grootse gebeurtenis in die geskiedenis van die jong Zuid-Afrikaansche Republiek. Dit het op Potchefstroom plaasgevind en was ’n onvergeetlike dag.

De Zuid-Afrikaan van Februarie 1857 het oor die gebeure berig.

Pretorius is spesiaal onder begeleiding van ’n groep perderuiters by sy huis gehaal. Die ganse manlike bevolking van Potchefstroom en ’n groot groep van buite die dorp het oor die markplein ’n gewapende erewag gevorm waardeur die ruiterstoet in “plegtige stilte” na die landdroskantoor beweeg het.

Die eerste inhuldiging van president MW Pretorius het op 7 Januarie 1857 in Potchefstroom plaasgevind. Foto: PM

Of Pretorius toe alreeds in sy huis op Rietfontein, die huidige President Pretorius-museum, gewoon het, is onseker. Die destydse landdroskantoor was waarskynlik in Potgieterstraat aan die noordekant van die markplein, dus net noord van waar die huidige inligtingsentrum van die munisipaliteit tans is en skuins oorkant waar die Kings Hotel later gebou is.

Die inhuldiging het binne plaasgevind. Na ’n teken deur die kommandante is die stilte verbreek deur die kletter van geweervuur en die gebulder van ’n kanon. Die vlag is gehys en die skare het gejuig. Nog ’n teken is gegee en daar was weer stilte.

Na die ander gekose lede van die Volksraad ingehuldig is, het ds Dirk van der Hoff, wat die inhuldiging behartig het in sy ampskleed, gevolg deur die president en sy raadslede “en daar achter een gansche trein van mannen en vrouwen en kinderen in groot getalle” gestap na die middel van die markplein waar die vlag gestaan het. Tans die plek waar die Eeufeesgedenkteken agter die stadsaal staan.

Die eerste kerkgebou van die Hervormde Kerk het op die suidwestelike hoek van Kerk- en Potgieterstraat (Walter Sisulu en Nelson Mandela) gestaan. Dit is in 1851 opgerig en is in 1866 deur die huidige kerkgebou van die Hervormde Kerk, moedergemeente van Potchefstroom, vervang. ’n Muur met skietgate en skiethokke is om die eerste kerk opgerig sodat die inwoners hier in tye van gevaar kan skuiling soek. Dit was egter nooit nodig nie. Skets: E Thamm

 

Ds Dirk van der Hoff (1814-1881) het op 27 Mei 1853 in Potchefstroom aangekom en was tot en met sy dood die eerste permanente predikant van die Hervormde Kerk. Foto: PM

In stilte het almal by die vlag verbygestap, die mans uit eerbied met hoede in die hand.

Die groep is daarna na die kerk die eerste Hervormde kerkgebou wat op die suidwestelike hoek van Kerk- en Potgieterstraat gestaan het. Daar het ds Van der Hoff ’n gebed gedoen, “hield nogmaals een aanspraak” en die laaste vers van Psalm 134 is gesing.

Buite die kerk “hield die President hartelijke toespraken tot . . . het gansche publiek. Nu volgden met tranen in de oogen hartelijke handdrukken en zegenwenschen aan den President waaraan daar schier geen einde komemen kon.”

Die prosessie is weer na waar die vlag gehys was, waarop nog toesprake gevolg het. Die president is gevra of hy die vlag sal beskerm. Op sy ja-antwoord is daar weer met die gewere losgebrand.

Hierdie was die eerste van drie keer wat MW Pretorius president van die ZAR geword het. Sy droom was om die Transvaal en die Vrystaat te verenig en in 1860 toe hy met verlof na die Vrystaat is om dié saak te bevorder het die koeëls vir ’n ander rede in Potchefstroom gevlieg. In dié Burgeroorlog het Paul Kruger en Stefanus Schoeman met mekaar slaags geraak het, nadat Schoeman sy waarnemende presidentskap vir homself permanent wou maak.

Voortrekkerwagons in Potchefstroom

During 1938, the centenary year of the Great Trek a symbolic re-enactment of the Trek was organised. Ten wagons left the Van Riebeeck monument in Cape Town on 8 August 1938 on their way to Pretoria, where they were expected for the laying of the foundation stone of the Voortrekker Monument, planned for December of that year.

The wagons were received with much fanfare in every town and city along the way. It was customary to have a wet cement slab ready for the wagons and oxen to leave their trail.

The headlines of the Potchefstroom Herald for their report on the arrival of the ox-wagons in November 1938.

Two wagons came to Potchefstroom and arrived here on Wednesday 9 November 1938. This is how the Herald of 11 November reported about the event:

Ten thousand people, it was estimated, had assembled on the Hervormde Kerk Square and its environs to welcome the two Voortrekker wagons – Andries Pretorius and Hendrik Potgieter – when they arrived there on Wednesday afternoon at 4 pm. The wagons, which are staying here until Sunday, crossed the Vaal River at Parys on Monday morning, as reported in this issue.

 A procession mustered at South Bridge at 12:30 and set off for town an hour later headed by commandos from town, Scandinavia and Schoeman’s Bridge and led by Colonel IJ Meyer, DTD, DSO, a great grandson of Andries Pretorius. There were nearly 500 horses in all the commandoes. Colonel Meyer was attired in Voortrekker dress and the great majority of the women especially who took part in the ceremonies, wore the traditional Trekker garb.

Scenes at the South Bridge

The Voortrekker wagons entered Potchefstroom to the south of town where the bridge on the road to Schoemansdrift still is.

Col Izak Meyer, a great-grandson of the Voortrekker leader, Andries Pretorius, head the procession when the ox-wagons of the 1938 symbolic Ox-wagon Trek, crossed the south bridge, entering Potchefstroom. Photo: PM

At the start of the trek into town a halt was called to enable the leader of the trek, Mr M van Schoor to plant a willow tree on the spot where, according to local legend, Andries Potgieter planted “the father of all the Potchefstroom willows”.

The whereabouts of this willow is not known.

The Herald published this photo, courtesy of The Star.

Thereafter the route lay along King Edward Street South to Smit Street, where the procession was joined by an original Voortrekker wagon which usually remains in the museum of the Potchefstroom University College, but which has joined the Trekker wagons while they stay here. This wagon made a brave show decked with the flags of the Orange Free State and Transvaal and bearing on its tent the notification that it was at the Battle of Bloed River in 1838.

The Bloedrivier ox-wagon

The “Bloedrivierwa” when it took part in the 1938 procession through the streets of Potchefstroom. Photo: PM

 

The Bloedrivier ox-wagon, currently on display at the Potchefstroom Museum, also took part in the procession through the town when the ox-wagons of the symbolic Ox-wagon Trek of 1938 visited Potchefstroom. It is the only ox-wagon still in existence which formed part of the laager at the Battle of Bloedrivier in 1838.

The original owner of the Bloedrivier ox-wagon was Piet Swarts who came to Natal with the trek of Piet Retief.

A previous curator of the museum, Mr JV (Boetie-Jan) Coetzee), bought the wagon in 1918 when he was still a history teacher for £6 with money he raised by asking his students to each contribute to a tickey (small coin) collection.

Mrs Hester Swart had the wagon when she was interred in the Potchefstroom concentration camp during the Anglo-Boer War and there it was nearly chopped up for firewood.

Mrs Swart threatened the women who wanted to do so that she would chop them up with an axe if they dared! After the war her sons used the wagon to collect wood and dung to sell.

When Coetzee bought the wagon, her sons had nearly divided the wagon into two smaller wagons. It was later restored.

In 1924 the wagon was sent to Britain to be displayed at the Empire Exhibition at Wembley. In 1938 it was taken to Bloedrivier for the unveiling of the monument.

The Herald continues the story of the visit of the ox-wagons in 1938:

Along Berg Street (later Van Riebeeck, now Peter Mokaba) the procession went to Cachet Square, being augmented by other units and also en route to King Edward Street North and thence to Church Square. Large crowds were at point of vantage along this route. The Mayor, Mr CL Olen and the Mayoress (Mrs Olen) rode on the Andries Pretorius wagon along the whole six mile route.

The three wagons in Church Street. The mayor, Mr CL Olen, identified by his mayoral chain, is on the Andries Pretorius wagon, the front wagon. Photo: PM

Welcomed by Mayor

The formal welcome to the wagons was extended by the Mayor, Mr CL Olen, when they passed under an archway erected in front of the Town Hall for the occasion.

Potchefstroom, Mr Olen pointed out, was the first town to have been established by the Voortrekkers north of the Vaal River. Evidently they were attracted by the beautiful stream of water, which was named the Mooi River, because of its beauty. They Mayor also referred to the planting of the first willow tree by Hendrik Potgieter, resulting in the many beautiful willows which now adorned the river and the district.

Mr CL (Charlie) Olen (1877-1952) was the mayor of Potchefstroom in 1939. Photo: PM

Sacred memories

 Rev GD Worst, Chairman of the Wagons’ Reception Committee, said: “The wagons bring to our memory happenings that are indeed sacred to us. 

‘The ox-wagon has been very intimately connected with the South African people and these Voortrekker wagons remind us all of a very, very long and winding trail full of trouble and turmoil; a path through deep valleys and very often through the valley of the shadow of death.

‘The wagons symbolise a road too that has still to be traversed. They point and lead to a destination that has to be reached, and an ideal that has to be attained. The ideal that is visualised is a country of a united nation, that strives not so much for a prominent place in the world, but to be a nation that is indeed noble, or, to quote the words of a great American ‘to be a nation with malice towards no one, with charity for all, and with firmness in the right, as God gave them to see the right.’

Elsewhere in the Herald it was also reported:

Hundreds of cars went out to meet the wagons.

Some of the cars who went out to meet the wagons. Photo: PM

 Where the road passed the location, Natives gleefully massed in hundreds to view the wagons.

 The Hendrik Potgieter wagon was thus christened in Potchefstroom.

 The wagons left their spoor on a concrete slab at the back of the Town Hall.

 A cairn of stones was erected on the Church Square, members of the public bringing their own stones.

 Dr JD du Toit (‘Totius’), the Afrikaans litterateur, handed to the leader of the trek his manuscript copy of his poem on the 1938 trek.

One of the flags flown at the head of the commando was a Vierkleur made by Mrs Borrius, wife of Mr J Borrius, first printer of the Transvaal, and used at the initiation of President Burgers as president of the Transvaal and also after the 1880-1 war. For many years it was flown above the printing works of Mr Borrius, to signify that Mr Borrius was also the government printer.

Mr CL Olen and his wife were on the Andries Pretorius wagon when the ox-wagons travelled through Potchefstroom. The Vierkleur, flag of the old Transvaal, which used to fly over the Borrius Printing Works, can be seen. The Herald reprinted this photograph courtesy of The Star.

Obelisk on Church Square

The obelisk created by stones brought by townspeople at the time of the visit of the ox-wagons in 1938 still stands today. It was erected on the western side of Church Square. Mr Pat Page was a school boy at the time and recalled the occasion: “I remember that in 1938 when Potchefstroom was celebrating its centenary, all we school children went to the site and threw stones in a heap, so that they could be used to build an obelisk, to commemorate the centenary. When the obelisk was built, a cairn was built under the monument and copies of the official history and my brother-in-law, Geoffrey Jenkin’s book A Century of History as well as other documents, such as pictures of the town council, were placed in the cairn.” The four stones on the corners of the obelisk were laid by representatives of the three Afrikaans churches and the Dutch Reformed Church, Mooirivier.

 

The reception committee who welcomed the Voortrekker wagons when they arrived in Potchefstroom in November 1938 were: Bottom row: Rev JGM Dreyer, (Sita) de Kock, Rev HRC Barrish, HJ van der Walt, Mrs Aletta Nel, Rev GD Worst (Chairman), VM Hawkins, Rev JV Coetzee, WF Schoon. Second row: AS du Toit, Prof HG Schultz, Mrs H Yssel, AT Luke, Mrs J Smuts, SH Mostert, le Roux, HJ Niehaus, AP Beytell. Third row: W de Wet, Classens, C Theron, Mrs JM Mostert, CH Steyn, CL Olen (mayor), E Grimbeek, dr MJ du Preez. Back row: IH Vermooten, P Malherbe, Colonel IJ Meyer, Mr J Bredell, Professors DJ van Rooy and PJ van der Merwe, Captain M Jackson, GJ Bosman, JJ Pienaar.

Gedenkteken van Voortrekker-eeufees

Oorheers deur die reuse Dan Tloome-kompleks, staan die Eeufeesgedenkteken, weggesteek in die tuin van die munisipale kompleks.

Dié Eeufeesgedenkteken is opgerig ter huldiging van die stigting van Potchefstroom in 1838 en om nie te bots met die Voortrekkereeufeesvieringe van 1938 nie, is die monument eers in April 1939 onthul.

Die twee kante van die eeufeesgedenkteken. Nadat een van die bronsplate in 2007 gesteel is, is die tweede deur die Potchefstroom Museum verwyder en in veilige bewaring geplaas. Foto’s: PM

Op die plek waar die Eeufeesgedenkteken opgerig is, is letterlik diep spore in die geskiedenis van Potchefstroom getrap.

Met die inhuldiging van president MW Pretorius, op 7 Januarie 1857, was dit die plek waar die Transvaalse vlag, bekend as die Vierkleur, die eerste keer gehys is. Toe was hierdie straatblok nog die markplein van Potchefstroom.

Tydens die besoek van die ossewaens aan Potchefstroom in November 1838 met die Simboliese Ossewatrek, is die spore van die Hendrik Potgieterwa in twee sementdele gelaat, wat aan weerskante van die gedenkteken geplaas is.

Die waspore wat op 9 November 1938 in sement getrap is tydens die besoek van die simboliese Ossewatrek. Foto: PM

Die gedenknaald is van rooi graniet. Aan die een kant word ’n Voortrekkervrou wat ’n kind vashou uitgebeeld en aan die ander kant ’n burger wat ’n geweer vashou. Onder hierdie reliëfbeelde is twee bronsplate wat die aanleg van Potchefstroom en die inswering van pres MW Pretorius uitbeeld.

Die beeldhouer was Coert Steynberg en dit het die stadsraad £1 300 gekos om die monument te laat oprig.

Een van die riviervaderlandswilge aan weerskante van die gedenkteken is moontlik ook tydens die onthulling van die gedenkteken geplant.

Die onthulling van die Eeufeesgedenkteken in 1939 was een van die talle gebeure tydens Potchefstroom se eeufeesviering. In die Herald van 5 Mei 1939 word daar uitvoerig hieroor berig.

Die onthulling van die Eeufeesgedenkteken is waargeneem deur mnr Carl Olen, burgemeester van 1939, terwyl Totius een van die sprekers was.

Die burgemeester, mnr CL Olen, het die onthulling van die Eeufeesmonument in April 1939 waargeneem. Foto: Herald

Die burgemeestersvrou van Potchefstroom het ’n geseëlde kis onder die monument geplaas. Daarin is die boek wat in opdrag van die stadsraad saamgestel is oor die geskiedenis van Potchefstroom, Geoffrey Jenkins se boek oor die geskiedenis van Potchefstroom, A Century of History, verskeie programme van die feesvieringe, foto’s van die dorp en stadsraad en amptenare van 1939, twee eksemplare van die Herald en ook van die Herald se susterskoerant, Die Westelike Stem en twee gedenkbekers.

In Desember 2007 is een van die bronsplate afgesteel en die museum het dadelik die ander een verwyder om te voorkom dat dit ook gesteel word.

’n Posseël wat in 1939 uitgegee is om die onthulling van die Eeufeesmonument te herdenk. Foto: PM

 

Die Herald publiseer hierdie lugfoto wat geneem is tydens die onthulling van die Voortrekkermonument op 28 April 1939. Links is die Hervormde Kerk en in die middel die stadsaal.

Bronne, anders as wat in die teks vermeld word:

  1. AD Pont en WJJ Kok, Gedenkalbum van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Potchefstroom 1842-1992 (Potchefstroom, 1992).
  2. GJ van den Bergh, Die geskiedenis van Potchefstroom (Potchefstroom, 1988).
  3. JV Coetzee en RJ Kruger, Die Potchefstroom Museum (Potchefstroom, 1961).
  4. WJ Badenhorst, Die geskiedenis van Potchefstroom in AJH van der Walt (red.), Potchefstroom 1838-1938 (Potchefstroom, 1939).

* Erkenning vir foto’s uit die versameling van die Potchefstroom Museum word aangedui as “PM”.

Tensy anders vermeld is foto’s deur myself geneem.

Print Friendly, PDF & Email